| 'n Duur Les |
|
|
|
| Written by Faansie Basson |
| Sunday, 28 November 2010 13:38 |
|
So 'n tydjie gelede het ek weer hierdie ou artikel gekry wat ek omtrent 10 jaar terug geskryf het. Het dit nooit gebruik nie en dit het in 'n leer beland.
'n Duur les
Ou Plaas se werf is stil van middag, die winter sonnetjie bak net warm genoeg om jou lomerig te maak. Skielik klink dit of alle hel los bars. Die sif deur klap dat sy skaniere buig soos die Baas by die agterdeur uitstorm, en al bulderend na die lande onder die huis begin hardloop. Vanwaar hy in die huis gesit en koffie drink het, het hy uit die hoek van sy oog 'n skielike beweging in die lusernland gesien. Hy het opgestaan en na die venster beweeg om te sien wat aangaan. Skielik het dit gevoel of sy hart kan gaan staan. Bles, sy jong skaaphondjie, is besig om chaos tussen sy lammerooie te saai!.
Bles is 'n ses maande oue Border Kollie reun. Tot vanmore toe het hy nog geen behoefte gehad om sy werks instink te gebruik nie. Baie verveeld het hy afgredentel lande se kant toe. Skielik gewaar hy 'n beweging. Dit is die eerste keer dat Bles skape sien, stadig sak hy sy kop en voetjie vir voetjie begin hy die skaap bekruip. Toe die skape hom gewaar , laat spat hulle so vining hulle kan om weg te kom van die gevaar af. Bles skiet soos 'n pyl uit 'n boog en probeer om die ooie in te hardloop om hulle te kan voor keer, maar hy is nog te stadig. Uit desperaatheid sny hy reg deur die trop ooie en keer 'n klompie af. Hy jaag hulle tot in die hoek. Die ooie skrik so groot dat hull die draad plat druk en twee bly vassit in die draad.
Dit is in hierdie staduim dat die Baas daar aangehardloop kom, al skreeuend en arm-swaaiend. En dit is asof Bles met hernieude ywer die skaap begin jaag. Hoe meer die Baas raas hoe meer opgewonde raak die Bles. Uit pure moedeloosheid gaan staan die Baas naderhand stil en Bles wat ook nou al genoeg gehad het kom stert-swaaiend aangedraf asof hy baie tevrede is met homself. Die Baas kry 'n stuk baaltou en maak vir Bles vas, haal die twee ooie uit die draad en begin terugstap huis toe.
Al mompelend stap die Baas met Bles aan die tou terug huis toe. Hy is kwaad vir homself. Die man by wie hy die hond gekoop het het hom gewwarsku. Hy kan nog duidelik die man se woorde hoor, '' Jy moet vir hom 'n hok maak, sit hom daar in as jy nie na hom kan kyk nie. Onthou net, die hok is nie om hom te straf nie dit is om hom te beskerm. '' Hy ys as hy daar aan dink wat kon gebeur het as hy nie op die voorval afgekom het nie, of as Boelie sy boerboel by was.
Die storie hierbo is maar net een van die talle dinge wat verkeerd kan gaan in 'n jong skaap hond se lewe. Baie boere sal dalk vir Bles geskiet het omdat hulle dink hy nou 'n skaapvanger geword het, ander sal hom in 'n hok sit het en omtrent nooit weer daar uithaal nie. Die probleem met skaaphonde is dat hulle 'n geweldige hoe werksdwang het en een of ander staduim in hulle lewe gaan hulle begin om dit te wil gebruik. Daarom is dit belangrik om te besef dat hierdie honde goeie toesig moet he, veral as hulle begin werk.
Die Baas het nie net foute gemaak nie, hy het ook 'n paar dinge reg gedoen. Let op daarna dat ten spyte daarvan dat die Baas baie kwaad was Bles nog steeds na hom toe gekom het. Dit se ver jou dat Bles vertroue het in sy Baas en dit kom nie vanself nie. Kleinhondjies het baie aandag en stimulasie nodig. Hy moet met jou bind en jou aanvaar as die trop leier. Jy kan maar vergeet daarvan om 'n sukses te maak van 'n hond wat in 'n hok gestaan het en nooit aandag gekry het nie.Sulke honde is gewoonlik sku vir mense en wil net hulle eie ding doen.
Die meeste honde is nie volwasse genoeg om te begin afterig voor hulle ten minste 'n jaar oud is nie. Dit is egter goed om jou jong hond te stimuleer om met skaap te werk. Ek sit gewoonlik so 'n paar skape in 'n kraal en laat die hond toe om die skaap te keer en rond te jaag. Hierdie lesse is gewoonlik baie kort, die idee is net om die hond te kry om die skape te wil werk. Alles wat met die hond gebeur rondom skape moet positief wees. 'n Algemene fout wat baie mense maak is om 'n jong hond saam te vat as daar skaap gewerk word. Gewoonlik beland die hond erens op die verkeerde plek op die verkeerde tyd en word hy weg gejaag bakkie toe of huistoe. Hierdie is die tipe goed wat die hond se werks vermoee kan beinvloed. Die instink om met skape te werk moet ten alle tye versterk word, nie afgebreek word nie. Jy kan nie 'n hond maak werk nie, maar jy kan hom wel aan moedig om dit te doen ,net so kan jy hierdie instink uit hom uit haal en totaal ontmoedig.
Belangrik om te onthou dat dit wat jy insit is wat jy uit kry. Ek het hierdie nou die dag raak gelees, en ek dink ek sal dit nog baie vir mense kwoteer '' Good players practise till they get it right , great players practise till they never get it wrong.''
|






